Monday, August 31, 2009

Tot later dan

I think that travel comes from some deep urge to see the world, like the urge that brings up a worm in an Irish bog to see the moon when it is full. ~Lord Dunsany


O wel, as dit dan nou my Ierse wurmgier is wat my dring om te reis, dan is dit nou maar so. Gelukkig is Vennoot deur dieselfde wurm gebyt, want hy het voorgestel ons ry bietjie noordwes en gaan bekyk Wyoming en Montana.


Ek groet dus tot later vandeesmaand so die Here wil –

Vrede, vreugde en genade vir julle.

Met liefde

mariki



8 comments:

Thea said...

Veilige reis en geniet dit Mariki!

Sonja said...

Geniet die rondreis Maatjie Mariki.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Ry versigtig en kom veilig terug. Onthou net die siele vyand is nie op vakansie nie.
Die Heer seën julle

Jan and Miekie said...

"Yet all experience is an arch wherethro gleams that untravelled world..." (of so iets) (Tennyson - Ulysses) Ek is ook nog altyd versot op reis. En om te dink julle is nou in Montana en of Wyoming! Lucky Devils! Dis darem pragtige wereld! Ek neem aan julle maak ook 'n draai deur Yellowstone? Kan nie wag om te hoor waar julle ooral was nie!!

Sonja said...

Mariki-maatjie jy het huiswerk by my gekry!!!

Huisvrou said...

Hoe gelukkig kan 'n wurmpie dan nou wees? Geniet dit VOLUIT.
My grootouers het by die doweskool in Worcester skoolgehou. Ma vertel dat na een vakansie 'n seun vertel het hy het 'n kort-lank gesien die vakansie. Na vele verduidelikings kon hul agterkom hy verwys na 'n landmeterwurm!! :)

Tersia said...

So stadig-stadig kom loer ek maar weer hier by julle in!

mariki said...

Dankie, Thea en Sonja. Sal!

OomP -- daai ou ene rus mos nooit. Dankie vir die seënwense.

Hallo Russiese-rondloper-Miekie! Bly julle is veilig tuis. Sal so stuk-stuk vertel.

Sonja! Sal moet gaan kyk -- en dit so tussen die huisskoonmakery deur!

Ha-ha, vir daai kortlank! Pryswenner Afrikaans! En dankie ja, sal dit gewis geniet.

Hi Tersie -- lank nie van gehoor nie. Lekker dat jy weer inloer.