Wednesday, January 7, 2009

En toe is dit regtig nie so belangrik nie



Charles Schultz, die skepper van die Peanuts-strokiesfiguur, se filosofie.

Hoeveel van die volgende vrae kan jy beantwoord:

1. Wie het in 2004 die Eugene Marais Prys vir prosa gewen?

2. Noem die laaste ses wenners van die Mej. S.A.-wedstryd.

3. Gee die name van die vyf rykste mense in die wêreld.

4. Wie is die laaste vier keer se Academy Award-wenners as beste akteur
en aktrise?

5. Noem tien Nobelpryswenners.

6. Wie was die kaptein van die Baleka (wat die Kaap na Rio Wedvaart
in 2003 gewen het).

Hoe het jy gevaar?

Dit bewys maar net: nie een van ons onthou gister se hoofnuus nie. Hierdie mense was immers nie tweederangse presteerders nie. Hulle was die beste op hul gebied.

Maar die applous vervaag.

Die silwer van die trofee verdof.

Prestasies word vergeet.

Sertifikate vergeel.

En uiteindelik keer ook die presteerders tot stof terug.




(Ek het Schultz se vrae so bietjie aangepas en “versuidafrikaans”.)

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Mariki, dit is so waar.
Dankie vir hierdie ou stukkie, dit het my net weer laat besef dat gister se groot goed vandag se klein dingetjies word!
Gaan lees gerus by oom petrus se blog
www.parraseblog.blogspot.com
Nimsi

Anonymous said...

Hmmm...ek het niks reg gehad nie. Jy's reg, ne. Dit is regtig nie so belangrik nie.

mariki said...

Jip.

Jan and Miekie said...

Wys jou nou net! Maar is dit nie ook so dat ons die negatiewe maklik onthou nie? Ek dink nie iemand het van Hitler of Idi Amin vergeet nie en wie sal vergeet wat Robert Mugabe gedoen het (en steeds doen)? Ek hoor vandag dat die lykshuise in Zim nie meer werk nie en dat mense hulle eie dooies tuis moet hou tot hulle begrawe kan word. Met al die cholera - wat 'n toestand!

mariki said...

Nims! -- baie dankie vir die verwysing na 'n kosbare blok!
Miekie -- heeltemal reg. Die vrae het ook maar oor gewoon wêreldse dinge gegaan. Die GROOT positiewes en negatiewes word sekerlik onthou. Punt is: ons moet 'n gesonde perspektief behou -- presies wat jy gedoen het.

Ooo...ek bewe as ek die Zim-dinge hoor. Gaan nou ook op my daaglikse bidlysie.