Donderdag op Vrydagnag het ‘n erge winterstorm dele van Kentucky en Ohio in sy greep gekry. Dit het erg gereën, maar iets was anders: sodra die druppels geval het, het hulle gevries.
Teen sonop was alles met verskeie sentimeters helder ys bedek.
Vriesreën kan enige tyd gedurende ‘n winterstorm in oostelike Noord-Amerika voorkom. Maar wanneer die vriesreën voortduur en ys versamel, word dit as ‘n ysstorm geklassifiseer.
Dis dan wanneer paaie in ysskaatsbane verander, ernstige kragonderbrekings kom voor en ontwortelde bome en afgeskeurde takke veroorsaak padversperrings.
Ses jaar gelede het ons so ‘n storm beleef. Dit was kosmaak op die kampstofies, ja, pannekoek bak ook; saans met kerslig bed toe gaan en heeldag (met ‘n kombers agter die rug!), voor die kaggel sit. Vennoot kon vir twee dae nie by die werk, of die kinders by die universiteit uitkom nie -- raai wie het gedink dis vet pret...
Groot dele was vir agt dae sonder krag; bejaardes en hulpbehoewendes het regtig gely; in afgeleë dele is mense in ongelukke dood en noodvoertuie kon nie deurkom nie, so dit was maar redelike chaos (soos tans weer).
Maar soos met ‘n sneeustorm, is daar oomblikke wat mens se asem eenvoudig wegslaan omrede van die prag van wat jy sien!
11 comments:
Mariki dankie vir die foto's dis asemrowend mooi ... soos 'n magical city!
Lekker naweek hou!
x x
Dit IS fantasties om te sien, veral as die son die ys "vang" en duisend kleuresplinters vertoon.
Mariki dit is ongelooflik mooi.
Pragtige fotos veral die laaste een.
Mariki,
Ook hierin kan mens die Grootsheid van die Vader sien!
Dit is sekerlik net baie gevaarlik op die paaie?
Dis lyk pragtig Mariki! Natuurlik lyk dit koud ook :-).
Ja julle -- dit is fantasties mooi, maar ook baie koud om daai opruimwerk buite aan te pak, en gewoonlik groooot skade in die tuin; soos die "swart ryp" in SA. Net, hier kry bome ook nare skade.
Die Here se handewerk is onoortreflik, OomP. En rywerk is 'n spanningsvolle ding op sulke tye.
Jy het altyd die interessantste dinge te seg hier op jou blog, die pos oor Rosemary Kennedy was interessant maar so hartseer.
Mooi foto's van die koue!
Dit is pragtig! Ons God is groot, nee!! Amen! Geseende week vir jou!
Dankie, Desia -- die lewe "tiekel my pienk" (watse taal is DIT??). Ja, Rosemary se verhaal laat mens sonder woorde.
ABSOLUUT, Tersia!
Ai hierdie storie laat my terugdink aan die kwaai ryp wat ons in my kleintyd in die Wes-Transvaal beleef het. Soggens wanneer ek vir skool opgestaan het, en ons per dalkies die sproeier op die grasperk oopvergeet het, het dit soos jou foto's gelyk. Ysstalagtiete wat reënboë weerkaats in die oggendson oralom. Waar's die dae??
Hmmm, Marietjie, is daai sproeier nie partykeer met opset aan "vergeet" nie?!
Post a Comment