Monday, January 5, 2009

Geseënde Kersfees voorwaar!

Op die lughawe:
Moet ek my nou aan hierdie Oupa en Ouma steur, of nie?


Ag,ek sal maar Ouma se ou koffertjie aansleep kar toe...


Toemaar Boetie, ek sal jou help met die sware ding.


Ag, wanneer kan ons dan tog begin presente oopmaak...?


Miskien sal niemand my sien as ek stilletjies probeer nie...


Ek het my “Toopeman”-kar gekry, so…weg wêreld.


Ag, presente is eens te wonderlik.


Nou moet ek eers “pose” in my presentrok – Ouma se roosknoppie!




Laat sussie maar “pose” – dit gee my kans om koekies te gaps.


Die volgende dag se sneeutog.


Dromertjie by die veryste meer.


Hoe kom ons tog oor die gevaarlike water?


Kakao en koekies is die beloning vir harde werk!


Maar ek is weg voor teen my oom se skouer.


Die oggend wat Ouma-hulle moet weggaan, vra ek vir Mamma: "Kan ons nie asseblief bid dat die Here gou-gou weer vir Oupa en Ouma sal terugbring nie?"

9 comments:

Muriel said...

Ag hulle is opvreetbaar cute!! Ek kan sommer sien hulle het 'n baie lekker kersfees gehad!

Dadelik is ek verlief op hulle. Daar is darem niks so mooi en onskuldig soos kinders nie!

mariki said...

Muriel -- hierdie ouma is verlore oor daardie goeters!

En ja, die onskuld van 'n kind -- ek kan sommer ure huil oor die verwaarloosde en weggegooides; en daar is duisende van hulle.

Sandra said...

Dit moes voorwaar lekker gewees het om ouma en oupa daar te he om te bederf. Bly julle het lekker vakansie

mariki said...

Dankie, Sandra.

Nimsi se Blog said...

Hallo mariki
Baie welkom terug, het net ernstig begin verlang! Kan sien julle het n heerlike tyd saam met die kleinkinders gehad, hulle is net soos Muriel se 'opvreetbaar cute'.
Seen vir jou en jou mense vir 2009. En mag sussa se wense vele kere waar word hierdie jaar.
Groete
Nimsi

Jan and Miekie said...

Hi Mariki!
'n Baie geseende 2009 vir julle! Die fotos van die kinders is te pragtig - dit moes seker baie swaar gewees het om te groet! Ek het jou byskrifte ook baie geniet. Op die oomblik sou ek wat wou gee vir 'n bietjie sneeu! Dis oor die 32 grade C en baie bedompig. Ek hoop Dorette kom vroeg huis (hulle bly die week hier want Franco se skool is nog gesluit) sodat ons die babas 'n bietjie kan laat "swem".

mariki said...

Nimsie en Miekie -- ja, daai groet was nie maklik nie! Ek is bly ek het blogvriende om na terug te kom -- dankie almal!! (Hoop die swem was lekker, M!)

Anonymous said...

Welkom terug, Mariki!

Jou kleingoed is dierbaar! :-)

mariki said...

Soos daai meneertjie sal sê: "Thênks."