Monday, January 19, 2009

Koue ou nuus

By ons is daar nie op die oomblik veel voëltjies wat ronddartel nie (behalwe Kanadese ganse!) en ek kan ook nie in die tuin werk nie. Annerdag weer my beurt.

Verlede Maandagnag so binne ses ure, vyf duim gesneeu. Onverwags. En daar is Denver en omgewing sleg ontwrig. Paaie onbegaanbaar en die sneeuskrapers kon nie voorbly nie en so het baie mense maar met Jan Tuisbly se karretjie gery. Een ou van Vennoot se werk het laat weet hy het anderhalfuur lank in die verkeer gesit en toe is hy nog net drie myl van sy huis af, hy gaan nou maar omdraai terug huis toe!

Sooo bly ek is nie die bure se hond nie...


En net omdat ek julle so midde-in julle lekker warm weer aan die winterknyp herinner het, ter versagting die volgende:

The Indians asked their Chief in autumn if the winter was going to be cold or not. Not really knowing an answer, the chief replies that the winter was going to be cold and that the members of the village were to collect wood to be prepared.

Being a good leader, he then went to the next phone booth and called the National Weather Service and asked, "Is this winter going to be cold?"

The man on the phone responded, "This winter is going to be quite cold indeed."

So the Chief went back to speed up his people to collect even more wood to be prepared. A week later he called the National Weather Service again, "Is it going to be a very cold winter?"

"Yes", the man replied, "it's going to be a very cold winter."

So the Chief goes back to his people and orders them to go and find every scrap of wood they can find. Two weeks later he calls the National Weather Service again: "Are you absolutely sure that the winter is going to be very cold?"

"Absolutely," the man replies, "the Indians are collecting wood like crazy!"

6 comments:

Nimsi se Blog said...

Hello mariki, ai die sneeu is darem maar "sprokie" mooi ne. Wat is die aanvoelbare temp as die sneeu so dik le.
n Heerlike warm dag vir jou.
Nimsi

Anonymous said...

Jou foto's is pragtig! Ek het nog nooit koue so beleef nie! Ek weet nie of ek dit sal kan handle hie! Maar, dit het 'n bekoring van sy eie!Dnkie vir jou kuier op my blog! Ek het maar besluit om maar daar my ding te doen en my nie meer te steur aan agterlike mense wat dinge gese het nie! Is dit moontlik om my te mail asb? Lekker snoesige dag vir jou!

Oom Petrus said...

Mariki,
Dit wys jou nou net hoe betroubaar is die weervoorspelling
Geniet die koue dag Brrrr...!

Sandra said...

Dit lyk heerlik koud daar by julle!

Jan and Miekie said...

Oe maar dis prentjie mooi! Dit maak seker op vir die gemors in die verkeer en die koue? Julle moet maar warm aantrek en dit geniet. Hier vergewe ons net die somer dat hy somer is so teen 19:00, maar deesdae is tot die nagte warm! Alles is darem nog groen en ons is baie dankbaar. Vanaand het ons Obama manie - tot 7e Laan verdwyn vandag van die kassie vir 'n regstreekse uitsending vanaf Capital Hill. Gaan julle lekker knus voor die kassie sit en als beleef? Dis so goed 'n koning word gekroon. Ek en Tammy het baie vir hom gebid vandag. Sy: "He must please sort out the money problems in the United States."

mariki said...

Nimsie, verlede week so twee dae sleg koud met -5C, en toe terug na 6C. Alles goed solank die wind net nie waai nie!

Juis, OomP!

Né, Sandra!

Miekie
Ek lees al die afgelope week nie koerant, en kyk geen, maar soos in geen, televisie nie. Wat ons sien afspeel, is 'n ongelooflike klugspel. Alles gereël, alles beplan - wie die koning sou wees, en wat hy gaan doen. En dis nie vir ons beswil nie -- ons almal (hier, daar, oral) is magtelose pionne wat deur duistere magte rondgeskuif word. (Menslik gesproke).
Iemand wat ek baie, baie goed ken en vertrou, het so 'n paar jaar gelede agter die kap van die wêreldpolitiek se byl gekom -- dit laat jou beenmurg stol.

MAAAR: God regeer, halleluja!