Interessant genoeg lees ek toe net vanoggend hierdie kosbare vertelling oor die Spesiale Olimpiese Spele:
Een naweek was ek ‘n vrywilliger by ons kerkgroep wat sou help om ‘n sagtebalspan vir die Spesiale Olimpiese Spele af te rig. Ons het die spelers aangemoedig, “high-fives’ en drukkies uitgedeel. My span was besig om sleg te verloor en ek het begin planne maak om hulle agterna met allerhande flou verskonings te troos, soos onder andere “toemaar, môre is nog ‘n dag.”
Algou kom een van my spelers uitasem aangehardloop: “Twish (vir Trish), raai wat? Raai net wat?! Toe, raai!”
“Wat, Joey?” vra ek en sit my arm om hom sodat hy sal ophou bokspring en ek kan verstaan wat hy sê.
“Ons het TWEEDE gekom!” skree hy, terwyl hy ‘n uitbundige oorwinningsdans uitvoer. Sy hele lyf was die ene opwinding, en sy arms het lomp en los heen-en-weer geswaai soos hy hom verlustig in ‘n goed-afgehandelde taak.
“Dit beteken ons het die silwer medalje gewen!”
Dit het nooit tot hom deurgedring dat die tweede plek, met net twee spanne wat deelneem, laaste is nie.
Nee, daar was geen verloorders in Joey se Olimpiese Spele nie.
7 comments:
Hallo Mariki'
Wonderlik! God het ons nie verloorders gemaak nie.Ons laat te maklik toe dat ons mileu aan ons dikteer dat ons verloorders is.
Wonderlik. Om wenners te wees is meer as 1st plek dis waar.
Hello mariki,
dit is nou weer een van jou vat aan die hart stories hierdie vriendin.
Dankie
Nimsi
Wow, great! Hemelkinders!
Dis so waar, OomP, en mens trap maklik in daai slaggat.
Reg, Sandra -- en die eenvoudigetjies moet dit vir ons leer!
Stem saam, Nimsie en Tersia.
Dankie Mariki vir hierdie lag met 'n traan! Ek het 6 jaar vir verstandelik erg gestremdes skoolgehou en die kinders het die kostelikste goed kwytgeraak. Hulle was so onskuldig en opreg. Ek onthou enetjie wat met 'n groot poging gewiggestoot het en dan val die gewig net 'n halwe tree weg, maar sy was altyd so opgewonde dat ons moet meet. Hoe ver Juffou? Hoe ver?
Ag, Miekie...
Post a Comment