Wednesday, February 18, 2009

Brrr.....

GrootHond is ‘n robot wat gebou is (2005 al) om as “pakdonkie” te dien vir soldate op terrein wat onbegaanbaar is vir voertuie.

Pleks van wiele, gebruik GrootHond vier bene.

Hy word beskou “as die wêreld se mees ambisieuse potige robot” en is ontwerp om 120 lb ( ongeveer 54.43 kg) teen drie myl per uur te kan dra, oor ‘n terrein met ‘n helling van 45º.

Nou as DIT nie absoluut grillerig is nie, vertel my asseblief wat is…..

4 comments:

Jan and Miekie said...

Dit lyk na 'n baie slim ding maar ek stem saam BRRR! Ek hardloop 'n myl as ek op die ding afkom. Die vyand se soldate seker ook, die dat hulle hom so grillerig maak.

mariki said...

Miekie, stem saam; ek is geensins atleties nie, maar hierdie ding sal my 'n rekord laat opstel!

Nimsi se Blog said...

Hello mariki,
eers gou kom opvang hier by jou...
Die ouma storie is pragtig! sal nie omgee om in in een van die "vakansie huise" te vertoef nie... en hierdie gogga maak regtig vir baba bang...
lekker bly
Nimsi

mariki said...

Lekker om jou weer hier te hê, Nimsi!