Wednesday, February 18, 2009

Tawwe ene, hierdie

Die handjie van 'n gearborteerde 7 week-oue mensie

Die ryk van die duisternis laat ook niks en niemand wat nie daar lid is, met rus nie. Natuurlik nie – die duiwel weet mos sy tyd word elke dag korter en dan lê hef aan vir hom en sy trawante voor.

(Ja, ek weet ek behoort seker te skryf die Ryk van die Duisternis, maar dis nou een van daai klein privaat oorloggies wat ek baklei: ek gee nie ‘n haarbreedte se positief aan hierdie vyandskaboedel nie en erkenning deur hoofletters? Not ‘n tiekie.)

So word daar nou deur die voorstanders en beoefenaars van aborsie, ‘n nuwe grynslagaanval op christene geloods.

“Het jy geweet,” vra hulle met lekkerkry op een van hul webwerwe, “dat jy die anti-aborsie mense se voete onder hulle kan uitslaan met één simpel ou vragie?” (Dan volg daar ‘n video waar hulle die volgende gesprek met anti-aborsie protesteerders voer.)

“Vra hulle maar net:

Indien aborsie onwettig sou wees, wat moet gedoen word met die vrou wat die aborsie gehad het?

Hou hulle goed dop en kyk hoe hulle verstom van verwaring. Hulle glo mos aborsie is moord, en moord verdien om swaar gestraf te word, dan nie? Gevolglik moet die vrou wat ‘n aborsie gehad het, lewenslank tronk toe gaan, of die doodstraf kry. Logies.

Maar dit wil hulle nie aanvaar nie. Nee, sê hulle, los die vrou, sy sal wel eendag haar straf kry. Of, ons bid vir haar; of: sy sal die res van haar lewe met haarself moet saamleef, en dit is swaar genoeg straf.

Hulle weet hierdie standpunt is absurd en onregverdig – wat beteken hulle wéét aborsie is nie regtig moord nie.

Dis verstommend dat hulle nog nooit vantevore hieraan gedink het nie. Hulle is tog al jare lank besig om aborsie te beveg!

Watter nut het dit om soveel tyd en energie daaraan te bestee om aborsie onwettig te maak as hulle nie die persoon wat die wet oortree, wil straf nie?”

Tot sover die webgesprek.

Nou wonder ek: wat sal ek antwoord op hierdie argument?

8 comments:

Jan and Miekie said...

Die pro's and anti's dink sooo verskillend 'n mens kan nie met die pro's redeneer nie. Ek dink ek sou maar vir haar se dis nie vir ons om te oordeel nie, maar die oordeel sal wel kom - vir beide die vrou en die pro as hulle nie hulle saak regmaak met X nie.

Gryp daai handjie jou nie aan die hart nie? Hoe kan enige iemand se dis nie 'n mens nie? Hoe leef jy met jouself saam?
PS. Het jy die "Atonement Child" van Francine Rivers gelees?

Nimsi se Blog said...

Inderdaad n tawwe ene, hierdie! En daardie foto... het my nou vir n oomblik net laat staar!

mariki said...

Miekie, ek voel almeer soos jy sê: redeneer bring mens nêrens nie. Getuig, en laat dit daar vir die HG om te gebruik.

Dankie vir die boektitel -- sal dit op vakansie lees.

Nimsi, hoe kan enigiemand so 'n Godswonder vermink!!

Desia said...

Sjoe, dis nou 'n moeilike vraag. Na regte, behoort mens seker te se die "moordenares" moet haar aardse straf kry? Tegnies is sy nie die moordenaar nie, maar die beplanner van voorbedagte moord?
Ek lees in Beeld van 'n babadogtertjie wat op 25 weke gebore is en leef. En dan maak die gedagte aan "late term" aborsies mens so naar en "out of sorts", ek wil amper soos 'n volstruis my kop in die sand steek en niks weet van die dinge nie. "Ignorance is bliss" tipe van ding.

Ek weet nie, sal baie meer moet dink en antwoorde in die Bybel soek. Maranatha.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is die persoon wat die aborsie gedoen het wat die moord gepleeg het. As aborsie onwettig is moet daardie persoon die straf kry.
Groete

mariki said...

OomP -- ek dink Desia se redenasie is hier reg; en ja!! Desia, kom, Here Jesus, kom asseblief tog gou!!

Muriel said...

So ou klein handjie, dis dan klaar mens!

Ek moet eers bietjie dink hieroor!

mariki said...

Voorwaar 'n taaie, Muriel.