Tuesday, February 24, 2009

Van vry en vrieskasdeure


My sus se dogter is ‘n kombuistee aan die reël vir ‘n vriendin en skryf op haar blog oor die uitnodiging:

“As jy getroud is (of ook nie), bring jou beste huwelikswenk om vir Izelle te gee. Tog net nie sulke soetgoed soos ‘koester elke dag saam nie,’ –- pleeze. Julle weet tog mens voel soms om jou man in die vrieskas in te stamp en die deur te sluit. Nee, ek soek genuine goeie raad.”

By die lees daarvan dink ek hoedat ek in my jongdae aan ‘n tannie wat oor die 50 jaar getroud was, gevra het:

“Tannie, wat is Tannie se geheim?”

En haar antwoord het eers later vir my sin gemaak, toe ek ook al ‘n paar jaar lank saam in die juk getrek het:

“Ag my kind, waarom tog nou al die moeite loop doen om weer óór te begin saam met iemand anders?”

Dit klink sinies, maar moenie glo nie, dis eintlik baie diep!

8 comments:

Jan and Miekie said...

Wyse tannie! Seun is nou aan't verlief word en dis 'n geval van moet ek sms? Is dit nie al te laat, te gou, te veel, te min nie ens. O dis heerlike wroeging, maar ek is wraggies bly ek is nie meer DAAR nie! Mag alles wonderlik reg uitwerk vir die paartjie! (Hou baie van die spreuk.. maak een oog toe...!)

Desia said...

Noem my sinies (of lui), ek stem volkome saam met die tannie!

mariki said...
This comment has been removed by the author.
mariki said...

(Per ongeluk 'n halfklaar antwoord gepos).

Wou sê:
Miekie -- ja, daai "heerlike wroeging" is darem uitputtend!
Hoop H se hart hou dit, En dat dit 'n oulike meisie is.

Ha...selfde hier, Desia!

Nimsi se Blog said...

Al raad wat ek kan gee vir die paartjie is: Hou maar vas aan die ou ou gesegde van "Love is blind" Want o griet die oomblik as die bril aankom vergeet n mens dalkies net waar die vrieskas se sleutel geval het!
Nimsi

mariki said...

Uitstekende raad, Nimsi!!

Muriel said...

En bravo, ek stem saam die tannie.
Been there, done that! *grin*

Whahaha Nimsi skerp!!!!

mariki said...

Muriel, daai tannie het geweet waarvan sy praat.