Saterdag het ek en Vennoot ‘n draai by ‘n R.V. (recreational vehicle) -skou gemaak, en weereens net verstom kopgeskud oor “bigger and better,” as dit kom by ‘n vakansievoertuig.
Hierdie een kan jy kry vir R658 000
‘n “Five Wheeler" vir “net” R245 000 (mits jy 'n lekker sterk "trekperd" vir hom het)
En…… R5 950 000 !! (Weet nie of hy jou reguit hemel toe kan vat, of wat hom so besonders maak nie)

En as mens moeg is, is die sitkamer net die plek
Die T.V. moet nog kom, maar tot die gaskaggel vir koue wintersaande is gereed!
Dis waarlik luukse in die oortreffende trap hierdie, maar ek kan nie vir myself uitmaak of dit is hoedat ek (indien ons dit sou kon bekostig het!) wil "kampeer" nie. Daai "naby aan die bos" gevoel en die geniet van die natuur, gaan mos nou so heeltemal verlore?
O wel, soos die Hollanders sal wil sê: “Oor smaak val nie te twiste.”
3 comments:
Sjoe, dit is interessant! Mens sien die tipe ding net in flieks en wanneer musieksterre hulle toere doen. Is daar mense wat permanent in die tipe behuising bly, veral as hulle aftree? O ja, het jy 'n eksterne kragpunt nodig met die eenhede, of is hulle selfvoorsienend? Dankie vir die wys.
Huise is nou so duur in SA dat dit 'n goedkoop opsie kan wees :-). Weet net nie of ek elke keer die huis sal wil saamvat as ek dorp toe gaan nie. Dis baie "grand" karavane hierdie.
Mariette, daar is baie afgetredenes wat die land deurreis, waarvan sommiges dan vir 'n paar jaar selfs in een of ander karavaan park (R.V. Park) gaan staan voordat hule weer huis se kant toe versit.
Gewoonlik ekstern, maar hulle het duuure kragopwekkers indien hulle dalkies in die boendoes/woestyndele wil inry. Noem 'n ding, en hierdie ouens het dit.
Sandra, hulle sleep baie dikwels nog 'n passasiersmotor agterna vir die "dorp toe gaan."
Post a Comment