Monday, February 2, 2009

Aan die hand van 'n pappa

O, dat ek tog in lewens- en sterwenskrisisse met oorgawe en vertroue mag vashou aan die hand van my liefdevolle Vader….

Vierjarige dogtertjie aan haar pappa, toe sy ná die noodlanding van die vliegtuig op die Hudsonrivier, saam met hom op die vlerk moet uitstap:

“Kyk, Pappa, die vliegtuig het in ‘n boot verander!”
~~~
Heidelbergse Kategismus-vraag:

"Wat is my grootste troos in lewe en in sterwe?"
"Dat ek in lewe en in sterwe, nie aan myself nie, maar aan my getroue Saligmaker, Jesus Christus toebehoort."

4 comments:

Jan and Miekie said...

O dis kosbaar! As ons net altyd sal onthou dat dit die enigste manier is om veilig deur die lewe te gaan - ons wil maar op eie bene en dan val ons...

mariki said...

Ja eina tog, so val-val gaan ons deur die lewe -- maar ons Pappa tel ons altyd weer op!

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Paulus se ons moet die sterwe as wins beskou.
Dit is ook nie hoe ons val nie, maar dit is hoe en hoe gou ons opstaan.

mariki said...

OomP -- kyk net hoe 100% waar is hierdie ook by die volgende possie!