Thursday, February 26, 2009

Musiek in my ore

Vandag is my hart bly soos net ‘n ma se hart kan blywees as sy hoor ‘n kind kom huis toe vir die vakansie – al is dit net vir ‘n ou korte wekie.

Jongste het laat weet sy vakansieplanne het verander. Goeie planne gehad vir “Spring Break”: hy was oorspronklik deel van ‘n span studente wat ‘n groep gestremdes in die Grand Canyon sou af- en opdra, maar die organiseerders kon nie al die los drade bymekaar trek nie en die trippie is uitgestel tot volgende jaar.

Ek is regtig jammer vir almal wat teleurgesteld is omrede van die mislukte planne; maar laat ek maar eerlik wees en erken ek kan nie my blywees onderdruk omdat ons nog ‘n keertjie saam met hom kan kuier nie!

Is mos nou al ‘n paar keer deur die ding van terugstaan omrede van nuwe geliefdes wat die lewens van ons kinders betree, en dis alles reg en mooi en goed so en ons geniet die uitgebreide verbintenisse, maar solank as wat ‘n ma kan hoor: “Ma, ek kom huis toe vir die vakansie,” LAAT SY DIT HOOR.

6 comments:

Sandra said...

Ken daai gevoel! Geniet die kort vakansietjie met hom.

mariki said...

Wónnerlike ene né, Sandra!

Nimsi se Blog said...

Geniet, geniet en nog n keer geniet die tyd saam met jou kind...
Nimsi

Muriel said...

Geniet dit ma!!!
x x

Jan and Miekie said...

Ag hoe lekker! 'n Kind se besoek bly darem baie spesiaal! Geniet dit elke oomblik! (Myne is vanaand kerk toe saam met 'n meisie en ek brand om te bel om te hoor hoe dit was, maar nou ja, ek moet my maar beteuel... dalk drink hulle nog koffie!)

mariki said...

Dankie vir julle meeleef met my lekkerte - waardeer!!

Miekie -- jy laat my léékkerr lag!! Hoop dit werk goed uit, hoor.