Saturday, August 1, 2009

Mottemanewales (laaste)

Sommer vir interessantheid, so ‘n paar ander gevlerktes in die motwêreld…

Brahminmot, ook genoem die uilmot (Indonesië)


Luiperdmot (Oos- en suidelike VSA en Mexico)

Io moth:


Die wêreld se grootste mot, die Atlasmot, is tuis in die woude van Suidoos-Asië. Gereken as die grootste op grond van totale vlerkoppervlak: meer as 400 vk cm/65 vk duim. Die vlerkspan dieselfde as die witheksmot, 30 cm. Sy kokon lyk glo soos ‘n vrug wat aan die boom hang en word in Taiwan as klein handsakke/beursies gebruik.. Die volwasse mot het geen mond nie en kan dus niks eet nie.


En dan…..die móóiste mot waarvan ek weet: die Maanmot (Luna moth). Vlieg net snags, en wel in die bladwisselende woude van Noord-Amerika. Die volwasse mot kan ook nie vreet nie en leef net een week lank, slegs om te kan paar.


Hoef seker nie eens te noem in watter kategorie ou Willie wolmot sekerlik die prys gaan wen nie:

14 comments:

Jan and Miekie said...

Pragtige motfotos! Vorige pos: motte is darem frustrerende goed. Het jy ooit Maretha Maartens se MOTTE EN MAGRIETJIES gelees. Jou pos het my daaraan laat dink. Ons is of 'n mot... of 'n magrietjie!

Dané said...

Joe, Mariki, ek het nooit kon dink dat motte soveel mooi verskeidenheid het nie.

Dankie, dis nou interessant.

mariki said...

Miekie, dis boekfoto's, en ja, dit is mooi. (Nooit gedink ek sal sê 'n mot is "mooi" nie!)

Nee, ek ken nie "Motte en Magrietjies" nie. Wat 'n interessante kombinasie -- mag ek dan tog net nie 'n mot wees nie...

mariki said...

Is né, Dané. Wys mens net hoe min ons van die skepping (en so baie ander dinge ok!) af weet.

Lekker naweek.

Desia said...

Vir 'n mot, moet ek toegee, hulle is mooi, veral die maanmot.
Het julle ook so baie, baie muskiete in julle geweste?
As mens jouself nie van kop tot tone bespuit voor jy dit buitentoe waag nie, dan pak die muskiete jou, enige tyd van die nag of dag, geen goeie maniere soos SA muskiete wat darem wag tot saans nie!

mariki said...

Genadiglik nee, Desia. Nooit besonder baie hier nie. Vanjaar 'n heerlike nat somer tot dusver, maar amper geen bloedsuiers van daai aard -- jitte tog, altyd IETS om mee te worstel.

Baie sterkte.

Charmaine said...

Ek kan dink dat jy gekeer het vir die vale Mariki. Ek het goeters in my kas gehad wat my duur wolmantel en trui vol gate gevreet het. Motte is grillerig, maar ook pragtig... ek kan die piep kry oor die meel wat van hulle vlerke afkom... jiggggg. Maar dis baie fassinerend. Ek is bly ek het nog nie in een van die Atlas motte vasgeloop nie... dis nagmerrie stuff

mariki said...

Charmaine, so jammer oor daardie skade wat jy gehad het -- hulle kan 'n mens darem kos, jongie. En die teleurstelling om 'n geliefkoosde en/of duur kledingstuk kwyt te wees, eina toggie!

Self was my grootste motskade 'n lieflike alpacca-wolkombers destyds toe ons dit amper nie eens kon bekostig nie.

Maar ja, fassinerend is die woord.

Dankie vir die inloer.

Thea said...

Baie interessante inligting!! Die inskrywing het my nou weer herinner aan Butterfly World naby Stellenbosch.

mariki said...

"Butterfly World" -- is net die naam alleen al nie wonderlik mooi nie?

Nimsi se Blog said...

Jy skryf altyd oor die mees intersantste goed mariki...wil nie graag se hulle is mooi nie... maar hulle is ook nou nie eintlik lelik nie... ag miskien weet jy wat ek graag wil se!

mariki said...

Weet PRESIES wat jy bedoel; jy som my gevoelens op, Nimsi.

Sonja said...

Oe! die kinders het nou hierdie fotos geniet! Veral Mathys,hy kan nie uitgepraat raak oor hierdie fantastiese foto's nie, en Christo is weer sy lawwe self wat hom verpes met nuwe motname wat hy uitdink!Ons noem hom sommer nou Christo-nonsens-mot!

mariki said...

Lekker om dit te kan hoor; het aan Mathys gedink met dié possie. Ha-ha, en nou sit Christo-nonsens-mot na alles met 'n nuwe naam! Oulik!