Thursday, August 6, 2009

En toe gil ek lank en lekker

Verlede Sondag het ons ‘n uitnodiging gehad om by Ketoenjie (oftewel dogterkind Poppiedot) en skoonseun te gaan eet. Sy ouers sou net voor middagete per vliegtuig aanland vir ‘n week se vakansie.

Daar gekom, staan en bewonder ons saam met die twee hul voortuintjie, maar toe Ketoentjie nogeens daarop aandring dat ons uit die warm son uit binnetoe moet gaan, maak ons so. Dis toe ek by die deur instap dat ek net oor die drumpel vir Selfoonseun gewaar (dis nou die meneertjie wat vir my so ‘n maklike selfoonnommer in die hande gekry het op grond van my verstandelike “agteruitgang”).

En toe kry ek my kind beet en ek gil lank en lekker, sonder ophou. Want ons is mos baaie lief vir die klong, en as hy bowendien vir negentien uur lank gery het (meeste daarvan deur die nag en met net drie ure se slaap) om as ‘n verrassing vir sy ouers te kom kuier, nou ja, dan kan die hele buurt maar in die vreugdekreet deel. Sondagstilte of te not.

Dis nou Donderdag en ons kuier nog steeds ‘n hond uit ‘n bos uit. En die vreugde is groot. Maar ek gil darem nie meer nie.

10 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Maak my sommer 'n traan stort, as ek dink aan die vreugdevolle weersiens.
Groete

mariki said...

Dankie, OomP -- jy verstaan.

Jan and Miekie said...

Ag hoe lekker! Gee selfoonseun 'n druk van my af - net oor hy so oulik is... en se hom hy mag nie sy ma grys hare gee nie, en hy moet genoeg slaap inkry voor hy weer die pad vat. Geniet hom!

mariki said...

Maak so, Mieks! Oulik IS hy (natuurlik, hoe anders?!) En ja, hy slaap darem goed al het hy vandag 'n piek hier naby van 14 000vt gaan uitklim....

Dankie vir die meelewing -- baaie waardeer.

Anonymous said...

Enjoy, enjoy, enjoy!

C

Nimsi se Blog said...

Geniet hierdie seunskind van jou mariki, myne woon minder as n uur se ry per motor van my af maar met elke weersiens moet ek ook maar n gilletjie keer!

Sonja said...

Ai! Jou kinders is so bevoorreg om so n wonderlike liefdevolle ma te he wat so oor hulle voel! Ek hoop jy kuier lekker verder!

mariki said...

Sal, Nims.

Sonja, kinders is sooo 'n geskenk, soos jy alte goed self weet, né.

Charmaine said...

Jou baie gelukkige vrou... ek kan dink hoe jy kon gilllllll van pure uitgelatye vreugde. Hoop julle geniet mekaar... Ketoentjie.. Dis nou 'n naam wat mens op jou tong kan rondrol soos 'n lekker niekerbol

mariki said...

Dankie Ch, ons HET mekaar stukkend geniet. En ek hou ook van lekker-oppie-tonglê woorde!