Friday, August 21, 2009

Welkom, al julle ou langvingers


Maandag sien twee winkelassistente by ‘n elektroniese winkel hier naby, hoedat ‘n winkeldief ‘n artikel of wat vaslê en deur toe laat spaander. Hulle sit hom summier agterna en trek hom in die parkeerplek vas.

Die winkelbestuurder kom uit en kry ‘n sny aan die hand by die messwaaiende dief, maar beveel die twee “speurders” om die man te laat gaan.

‘n Paar uur later word hulle twee in die pad gesteek.

Die rede:

Tydens hul opleiding (die een werk al drie en die ander een ‘n jaar daar), is hulle mooi geleer om nie skelms en diewe te hinder en te vang nie.

(a) Dis sleg vir die winkelketting se reputasie
(b) Skurke maak hofsake teen winkels en wen baie keer.

Nou weet jy: as jy Amerika toe kom en jy dink dis jou dag om jouself vrylik, dog onwettig te bederf -- kontak my dan gee ek jou die winkel se adres.

7 comments:

Dané said...

O aarde, Mariki, wat nog! Ek is verstom!

mariki said...

Dané, ekke ok.

Sonja said...

Ek kan nie glo wat ek hoor nie! Die manier van dink!Ek is sprakeloos!Hoe kan n skelm so n saak wen??

Nimsi se Blog said...

Nou het ek regtig als gehoor! En nou betaal die eerlike werkers vir hulle nog eerliker optrede! Is dit nou nie die ergste graad van "stank vir dank" nie?

mariki said...

Sonja en Nims -- ek het 'n liewe tante gehad wat aan my Oumoeder gesê het: "Niggie, aan die einde van die dae sal die sonde so dik oor die aarde spoel, dat ons daaraan sal kan vat."

Hmm....

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Di9t lyk my dit gaan jolig daar by julle, en ook baie onregverdig.
Groete

mariki said...

Jy seg, OomP: joliglik onregverdig!