Monday, August 3, 2009

1231....en g'n kompliment


Vennoot beveel aan dat dit tyd is vir my om ‘n nuwe selfoon te kry. Ek is nie vreeslik beïndruk met die voorstel nie -- het dan nou net na twee jaar lekker tuis geraak met my ou selfoontjie. Maar nou ja….
So met die rondvra tussen die kinders na goeie dienslewering deur maatskappye, doen die jongste aan die hand dat ek op sy plan aanteken omdat dit finansiële voordeel inhou.

Wel, so besluit, so gedoen. Hy onderneem om alles gereël en bevestig te kry, moet net weet of ek enige voorvereistes het. “Ja,” grap ek sommer so tussendeur, “tog net ‘n maklike nommer om te onthou, asseblief.”

‘n Paar uur later bel hy. Alles is soos dit moet wees, ek kan my splinternuwe selfoon gaan haal.
“En my nuwe nommer?”

“Die areakode, Ma, en dan 1231.”

“Régtig Seun, jy maak nie ‘n grap nie?!”

“Régtig Ma. Is Ma nie bly nie?”

“Bly?? Ek is verheug! Maar hoe het jy dit reggekry?”

“Ag maklik. Die mannetjie het nou wel omtrent so vyf-ses minute gevat om dit te bekom, maar hy was baie gewillig nadat ek hom vertel het Ma is vinnig besig om agteruit te gaan en kan amper niks meer onthou nie.”



..…..O……

12 comments:

Anonymous said...

Maaikie!!

C

Thea said...

Mens hoef mos nie jou eie nommer te onthou nie! Wat is dit met vandag se kinders? *wink*

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is sleg om te hoor wat die kinders agter ons rug van ons sê. Aan die ander kant, die ouderdom kom met vele gebreke :o))

Nimsi se Blog said...

waaaahahaha, slim kind daai jongste van jou mariki!
Hoop jy gaan baie lekker bel met jou nuwe foon.

Jan and Miekie said...

Ja toe! Agteruitgaande geheue nogal. Maar as dit 'n mens 'n maklike nommer kan besorg hoekom nie?

Geniet jou foontjie.

mariki said...

Is DIT 'n kompelment, C'tjie????

mariki said...

Vra ek jou, Thea!

Dis so, OomP -- en dit wag vir hulle ook!!

mariki said...

Soos jy sê, Nims; en dankie, dis is 'n mooi foontjie, maar ek is nie 'n "beller' op hom nie, vergeet altyd om hom aan te sit en DIT frustreer die kinders netso!

Ai Miekie -- dis darem 'n duur prys om vir 'n maklike nommer te moet betaal....

Sonja said...

So n klein rakker! Dit klink soos my kinders,wat altyd my been trek!

mariki said...

Oe, en het hy nou dié storieitjie geniet! (En sy ma net so. Dis vir my so 'n gesinsgenieting, dié speelse geterg.)

Charmaine said...

Ja dis nou een van daardie dinge waar mens net se....ag tog, ja goed, wat ookal. Maar dis 'n "good number"... sou die ouens in die land se en hier betaal hulle BAIE geld daarvoor. Dis 'n ander onderwerp die... nommers. :-)

mariki said...

Netso, Charmaine, "watookal."!

En nou het jy my nuuskierig oor "nommers"??