Thursday, August 20, 2009

Soetigheid vir ‘n kind (en dié wat maar net nie meer soos kinders lyk nie…)


Het ons maar altyd geweet wat die regte manier van optrede is…


Ook in die Bos van Honderd Akkers is daar ‘n verkeerde en ‘n regte manier.

En selfs vir dié met meer verstand, is dit moeilik om daai manier agter te kom….


Kennismaking

“Wel,” sê Uil, “die gewone optrede in so ‘n geval, is soos volg.”

“Wie se gewoonte is op en wie het geval?” vra Pooh.

“Want ek is ‘n Beer van Klein Verstand, en lang woorde maak my deurmekaar.”

“Dit beteken die regte ding om te doen.”

“O,” antwoord Pooh.


Uit: Winnie-the-Pooh.

(Al weet ek meestal darem watter optrede van my verwag word, en al het ek Pooh Beer baie, en nog meer jare gelede, vir die eerste keer teëgekom, is en bly sy doene en late vir hierdie ouma ‘n heuningsoete en lieflike lekkerte.

Seker maar die kind in my.)

6 comments:

Anonymous said...

Maaikie, hierdie was nog altyd vir my van die greatste stories ooit. Lees dit nou nog graag.

Hugs
C

mariki said...

C'tjie, stem so volmondig saam!

Drukkie ok vir jou.

Sonja said...

Dit is en bly die liefste ou kinderstories daai!

Sonja said...

Elke keer as ek hier by jou kom kuier, dan word ek so lus vir jou soppies, ek dink ek gaan vandag sop maak!

mariki said...

Moet dit nie wonderlik wees om sulke stories te kan skryf nie!!

En ja, ek gaan ook hierdie naweek vriendin se sopresep probeer -- al word 22ºC voorspel!

Dané said...

Daar is vir my 'n sagtheid en diepgaande liefde in hierdie verhale. En met 'n glimlag leer mens begrip vir die verskille tussen jouself en andere. Ek sal defnitief nou weer my kopie afstof!