Thursday, August 13, 2009

Busrit van besinning

Sondagoggend voor hanekraai nog saam met Selfoonseun die pad gevat Kentucky toe -- om hom met die negentien uur-rit geselskap te hou (en dit in 17 uur gedoen), en toe Maandagaand daar op die Greyhoundbus geklim en 26 uur en 1269 myl later hier aangeland!! (Vanoggend halftwee!)

Leersame en besinnende ervaring -- die "down and outs" gesien soos nog nooit tevore. Was vir 26 uur lank die wel-afste mens in die omgewing tussen derhonderde malendes en in-die-ry-stanendes met die oorklimslag vir die volgende trajek.

In vier stede oorgeklim en dan langspad ‘n paar minute op ‘n keer gestop vir badkamertoegaan en kitskos koop. Insiggewende gesprekke met medereisigers gehad. Daggarook geruik. ‘n Pragtige jong meisie gesien sit en ruk van kop tot tone en oë, o só leeg -- ek vermoed a.g.v. dwelmmisbruik. Wesens gesien met geen, maar geen ongetatoeërde sigbare plek op die liggaam nie. En moes kyk hoe kindertjies emosioneel verniel word drie-uur in die oggend wanneer hulle veilig en knus in ‘n warm bedjie moes kon geslaap het.

O, wat ‘n deursnit van ‘n stukkende en verwoeste wêreld.

En met soooveel dankbaarheid later vanoggend my oë in my eie, skoon bed oopgemaak: nie blind of kreupel nie; nie verwaarloos of arm nie; nie ongelooflik oorgewig nie. Nie honger nie. Nie ongeliefd en verwaarloos, verwese of uitgestote nie.

En met vrede en veiligheid tuis by Jesus.

Here, in U groot genade, sorg vir die armes, die verwaarloosdes, die lewensverminktes. Ek kan nie, in elk geval nie meer as wat een mens kan nie, maar U is almagtig en liefdevol.

Here….help….

12 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Bly jy is veilig terug.
Ja, dit moes 'n "eye opener" gewees het. Miskien is baie van die verarming deur hulle eie toedoen.

Jesus bly die antwoord!

Groet

Sonja said...

Haai Mariki,dis verskriklik hartseer hoe wreed en stukkend die wereld is, en soms is al wat ons kan doen om te bid. Ek bid saam met jou en mag elkeen van ons doen wat ons kan om die verminktes en gewondes langs die paaie op te tel.

mariki said...

Dankie, OomP! Ja, JA -- Jesus is AL antwoord. En OomP is reg -- dis 'n baie ingewikkelde saak van Amerika se armoede -- sal dalk eendag ietsie daaroor skryf.

Sonja, o, jy is reg -- die hartseer tog!!Ja, saam met Nims bid ons vir huwelike vandeesmaand en hier, vir die armes en ellendiges. Dankie!

Desia said...

Jy beskryf dit so raak Mariki! Die algemene pyntoestand van die wereld sonder Christus kan oorweldigend raak - dit kry my soms onder as ek te veel daarop, eerder as op die antwoord, Jesus, konsentreer.

Nimsi se Blog said...

mariki,
so baie dankie dat jy hierdie ervaring met ons deel... ja daar is oneindige hartseer en ellende rondom ons!
Bly jy is veilig tuis.

mariki said...

Dankie, Desia -- wyse woorde.

Dankie Nims, ook bly ek is veilig tuis (om van Vennoot nie te praat nie...!) En "oneindige" is voorwaar die woord.

Anonymous said...

Maaikie -- this is some story. So baie mense en so baie swaar. But when Jesus comes...., né!

mariki said...

Netso C'tjie, netso!!

Dané said...

Op dees aarde, Mariki, wat 'n ervaring. En soos Desia sê, laat ons maar aanhou opkyk en ook bly bid.

mariki said...

Jips, Dané.

Charmaine said...

Ai hoe het my hart nou saam met joue gebrand. Mens voel so magteloos in die baie stukkend om mens...selfs partykeer so naby aan mens. Ons tel ons seeninge Mariki.

mariki said...

Ja Charmaintjie, hierdie ou stukkende wêreld....